Google Maps

Google Maps
Tipe webblad Kaarte
Taal(e) Engels
Registrasie Opsioneel
Eienaar Google
Huidige status Aktief
URL http://maps.google.com/

Google Maps of Google Kaarte, voorheen bekend as Google Local, is 'n diens van Google Inc. wat dit moontlik maak om 'n soektog in 'n spesifieke geografiese gebied te doen. Soms wil mense die wye wêreld deursoek vir inligting, en soms wil jy net 'n rekenaarwinkel naby jou huis vind. Die diens laat besoekers toe om 'n "WAT" (soos 'n pizza) en 'n "WAAR" (soos in Hatfield, Pretoria) vir 'n soektog te spesifiseer. Die doel van Google Maps is om mense te help om nabygeleë sake en bedrywighede te vind. Google Maps gee ook aanvullende inligting ook die plek, soos hulle webtuiste, telefoonnommer en adres.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search